Data Loading...

Success-Booklet-Afrikaans-2021

306 Views
173 Downloads
2.45 MB

Twitter Facebook LinkedIn Copy link

DOWNLOAD PDF

REPORT DMCA

RECOMMEND FLIP-BOOKS

Success-Booklet-Afrikaans-2021

DIENSLEWERING DEUR GOEIE REGERING

2016 - 2021

Uitvoerende Burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit Raadsheer Conrad Poole

STAD VAN UITNEMENDHEID

Wat ’n wonderlike tyd om deel te wees van die span wat Drakenstein Munisipaliteit bestuur! Die Munisipaliteit loop oor van potensiaal en moontlikhede. Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vergemaklik alle munisipale beplanning en implementering in Drakenstein. Dié plan is ’n strategiese instrument wat as riglyn dien vir die aktiwiteite van die plaaslike regering - in oorleg met inwoners en belanghebbendes. Die GOP het ’n aantal belangrike doelwitte en uitsette: eerstens bepaal dit alle openbare en private ontwikkelingsbeplanning in diemunisipale gebied; tweedens is dit die basis vir munisipale begrotingsbeplanning en toewysing van hulpbronne; en derdens is dit die verwoording van die behoeftes en wense van ons gemeenskap. Te danke aan die implementering van die GOP is verskeie prestasies behaal. As Uitvoerende Burgemeester is dit vir my ’n groot voorreg om, saam met jou, ’n paar suksesverhale te vier: ’n skoon oudit vir die afgelope boekjaar; groot beleggings in infrastruktuur; die verbetering van toegang tot paaie en verkeersvloei; die vermindering van waterverliese; innoverende ingenieurswese; toekennings wat gewen is; pro-behoeftige inisiatiewe; en beursprogramme vir minderbevoorregte studente. Dít is maar net enkele voorbeelde van wat ons doen om Drakenstein te verbeter. Saam met ons gemeenskap, gaan ons voort om ons visie te verwesenlik deur ‘n stad van uitnemendheid in Drakenstein te bou – op ’n gefokusde, standvastige manier.

PROFIEL VAN DRAKENSTEIN

Drakenstein is ’n sekondêre stad in die Kaapse Wynlande-distrik. Die hoofdorp, die Paarl, is strategies geleë 60km vanaf Kaapstad. Buite die verstedelikte dorpsentrums van die Paarl, Wellington en Mbekweni, is daar Saron, Gouda, Hermon en Simondium, asook meer as 2 300 plase. Drakenstein beslaan ‘n oppervlakte van 1 538 vierkante kilometer en 305 281 inwoners bewoon die gebied. Daar is 74 161 huishoudings en 41 informele nedersettings. Dit is ’n polities stabiele munisipaliteit met 33 wyke en 65 raadslede. Drakenstein bied historiese bekoring, kultuur, argitektoniese erfenis, wyn- en vrugteplase, asemrowende natuurskoon en ’n verskeidenheid fiets- en natuurroetes. Die pragtige platteland, goeie wyne en vriendelike mense verwelkom jou in ’n gebied waar ’n gevoel van rustigheid steeds die moderne leefstyl oortref. Die tale wat hoofsaaklik in Drakenstein gepraat word, is Afrikaans (72.5%) , isiXhosa (16.2%) , en Engels (4.9%) . Dit is Drakenstein Munisipaliteit se verantwoordelikheid om ’n bemagtigende omgewing te skep wat plaaslike demokrasie ondersteun en dienslewering verbeter. In al ons pogings sal ons sorg dat alle beskikbare hulpbronne optimaal benut word.

SAAM MAAK ONS ONS STAD BETER

Sedert 2016 het DrakensteinMunisipaliteit – in vennootskapmet die inwoners van Drakenstein – beduidende vordering gemaak met die Munisipaliteit se visie om ’n stad van uitnemendheid te word. Die belangrikste aspekte van ons langtermyn-visie is ekonomiese dinamiek, ‘n beter lewensgehalte vir almal, ’n sterk, goed bestuurde munisipaliteit en finansiële stabiliteit.

Ons missie word ondersteun deur sewe sleutelprestasiegebiede, naamlik: Goeie Regering;

Finansiële Volhoubaarheid; Institusionele Transformasie; Fisiese Infrastruktuur en Dienste;

Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling; Veiligheids- en Omgewingsbestuur; en Maatskaplike en Gemeenskapsontwikkeling.

Gelei deur ons ses waardes van deursigtigheid, uitnemendheid, responsiwiteit, aanspreeklikheid, toeganklikheid en integriteit, het ons aansienlike vordering gemaak. Ons werk hard om implementering te bemeester en seker te maak dat elke sent na gehalte dienslewering gaan – veral vir diegene wat dit die nodigste het. Die Munisipaliteit se praktiese bestuurstyl wat onder meer, inspeksies te voet insluit, het homself as baie suksesvol bewys. Met ’n hernieude gevoel van dringendheid, fokus en energie, sal Drakenstein Munisipaliteit verseker dat die behoeftes en uitdagings van die gemeenskap teen ‘n versnelde pas aangespreek word. Dit is waarom ons Visie 2032 so belangrik is. Dit sluit ons gemeenskappe in by deelnemende ontwikkeling, wat verseker dat daar aan die hoogste standaarde voldoen word ten opsigte van vereistes en doelstellings.

TOP SUKSESVERHALE

INFRASTRUKTUUR Drakenstein Munisipaliteit het R1.55 miljard aan infrastruktuur bestee. Dít sluit in R454 523 290 aan paaie en elektrisiteits-infrastruktuur; R408 727 779 aan waternetwerke, watersuiweringswerke en reservoirs; en R689 938 125 aan die behandeling van afvalwater, die opgradering van rioolnetwerke, en vaste afval infrastruktuur. Belegging in infrastruktuur ondersteun ontwikkeling, werkskepping en groei in die streek.

DIE VERBETERING VAN PADTOEGANG EN VERKEERSVLOEI Deur R28 miljoen van sy eie finansiering te gebruik, het Drakenstein Munisipaliteit Van der Stelstraat in die Paarl verbreed om inwoners en die sakegemeenskap aansienlik beter padtoegang en verkeersvloei te bied.

Die Munisipaliteit het ook ongeveer 20% van die projekkoste, wat in hakies aangedui word, bygedra tot die opgradering van die onderstaande:

Stokery Weg, Wellington (R32m)

Bergrivier Boulevard (Noord), Paarl (R108m)

Jan van Riebeeck Rylaan, Paarl (R21m)

R454 523 290

Oosbosch Straat Klas 1 Dubbelrylaan projek (R129m)

R408 727 779

Ander padverbeteringsprojekte ter waarde van meer as R300 miljoen sluit in: Slot van die Paarl, Windmeul en Haaskraal, terwyl dele van die R44 en R301 ook opgegradeer word (tot die geskatte gesamentlike waarde van R486 miljoen ).

R689 938 125

DIE VERMINDERING VAN WATERVERLIESE

Dit is een van die belangrikste maniere om die hulpbron-doeltreffendheid van watervoorsieningsdienste te verbeter. Die waterverlies-persentasie in Drakenstein Munisipaliteit is 16.92% , een van die laagste in Suid-Afrika. Die nasionale gemiddelde is 37% .

16.92%

INNOVERENDE INGENIEURSWESE

Die Leliefontein-pompstasie – ’n eerste van sy soort in Suid-Afrika – is ’n goeie voorbeeld van hoe munisipaliteite goedkoop en toeganklike toerusting kan gebruik om skoon krag op te wek deur van die potensiële energie in hul bestaande infrastruktuur gebruik te maak. Dieselfde toerusting word gebruik om water te pomp en elektrisiteit op te wek deur die vloei in die pype om te keer.

“PAINT MY STORY”-PROJEK

Die R5.4 miljoen “Paint My Story”-projek is deur Drakenstein Munisipaliteit begin met die doel om munisipale woonstelle netjies te maak en sodoende trots by lede van die gemeenskap te kweek. Altesame 301 woonstelblokke is al in verskillende, vrolike kleure geverf met verf wat duursaam en brandwerend is, en binnetemperature verlaag.

TOP SUKSESVERHALE

PRO-BEHOEFTIGE INISIATIEWE

Drakenstein Munisipaliteit is bewus daarvan dat baie mense finansieel sukkel onder die huidige ekonomiese klimaat. As sodanig, het die Munisipaliteit sy beleid vir hulpbehoewendes aangepas om die las vir behoeftige en kwesbare inwoners te verlig.

21 243 behoeftige huishoudings ontvang gratis basiese elektrisiteit.

Tans ontvang 20 032 behoeftige huishoudings gratis vullisverwyderings- en sanitasiedienste, asook gratis water.

DIENSLEWERING

GOEIE BESTUUR

Toegang tot kraanwater

Toegang tot elektrisiteit

99.5%

94.5%

Vullisverwydering

Sanitasie

99.6%

98.4%

GOEIE BESTUUR EN TOEKENNINGS

GOEIE BESTUUR Drakenstein Munisipaliteit het ’n kultuur van goeie bestuur en aanspreeklikheid gevestig. Deur konsekwent wetgewing en gesonde finansiële beginsels na te kom, het ons sedert 2011 altesame 12 agtereenvolgende ongekwalifiseerde oudits gekry, waarvan ses skoon was.

FINANSIEEL DIE GESONDSTE MUNISIPALITEIT IN SUID-AFRIKA Die Nasionale Tesourie se Stand van

Plaaslike Regering Finansies en Finansiële Bestuursverslag van 30 Junie 2018 het Drakenstein Munisipaliteit as die mees stabiele finansiële stad in Suid-Afrika en die Wes-Kaap aangekondig. Dié verslag evalueer die finansies van die land se munisipaliteite volgens ‘n lys kriteria. Dit sluit in: kontant as ’n persentasie van die bedryfsuitgawes, volgehoue negatiewe kontantsaldo’s, en die mate van oorbesteding van die oorspronklike bedryfsbegrotings.

SKOON OUDIT

DIE GROENSTE MUNISIPALITEIT TOEKENNING 2019 As ’n omgewingsbewuste stad wat omgee vir die planeet en die volgende generasie, is Drakenstein Munisipaliteit op die voorpunt van volhoubare bestuurspraktyke. In 2019 het die Munisipaliteit met die Groenste Munisipaliteit Toekenning in die Wes-Kaap weggestap vir deurgaans baanbreker-, slim en volhoubare praktyke. Die Munisipaliteit het ook toekennings verower vir die Mees Verbeterde Munisipaliteit vir Klimaatsverandering, en die Mees Verbeterde Munisipaliteit vir Afvalbestuur.

GOEIE BESTUUR EN TOEKENNINGS

GROEN GEBOU INISIATIEF

CESA NASIONALE INNOVASIE WENNER 2019

Die die Munisipaliteit se vaste afval bestuur-afdeling is die eerste munisipale gebou in Drakenstein waar volhoubare, groen boubeginsels geïmplementeer is. Dít sluit in energiedoeltreffende beligting en bewegingsensors, waterbesparende toebehore, sonpaneel-geisers, die opvang en berging van reënwater, en ’n zero-water-parkaanleg. administratiewe kantore van

Die Leliefontein Pump-As-Turbine (PAT) stasie, wat as ’n eerste van sy soort in Suid-Afrika beskou word, is as die CESA (Raadgewende Ingenieurs Suid-Afrika) se Nasionale Wenner vir 2019 aangewys. Leliefontein gebruik op ’n unieke wyse dieselfde stel pompe om water te pomp en elektrisiteit op te wek, deur die vloei in die pompe om te keer.

Die Leliefontein-projek is ’n goeie voorbeeld van hoe munisipaliteite laekoste-toerusting, soos sentrifugale pompe en induksiemotors, kan gebruik om deur middel van potensiële energie in hul bestaande infrastruktuur skoon krag op te wek.

SEDERT 2016 HET DIE MUNISIPALITEIT OOK… DIENSLEWERING

dienste. 1 2 3

2 357 elektrisiteitskonneksies aan informele nedersettings voorsien – wat gelykstaande is aan ongeveer R56 miljoen se kapitaalbesteding. Meer as 40% van die mense op die erkende informele behuisingslys het tans elektrisiteitskonneksie-

Altesame 1 393 rookalarms is in informele nedersettings geïnstalleer.

Meer as 1 749 titelaktes is aan inwoners oorhandig.

SEDERT 2016 HET DIE MUNISIPALITEIT OOK…

GOEIE BESTUUR

4 5 6

Die Munisipaliteit se toewyding tot die vermindering van tydrowende administratiewe prosedures en die vergemakliking van sake doen is versterk deur die reeds bestaande indrukwekkende versameling van outomatiese dienste uit te brei. Dit sluit in: die elektroniese stempel van goedgekeurde bouplanne; elektroniese fakturering van verskeie inkomstestrome binne Boubeheer; en die outomatisering van versoeke vir, en die uitreiking van, eksemplare van bouplanne.

’n Afname in beheerbare afwykings in die tenderproses vanaf R63 miljoen in 2016 tot R27 610 in 2020. Afwykings is bestaande verkrygingsregulasies wat ’n munisipaliteit in staat stel om in sekere gevalle af te sien van die voorgeskrewe tenderproses.

’n Nuwe logo en korporatiewe handelsmerk is aangeneem en geïmplementeer wat uitnemendheid simboliseer wat deur eenheid bemagtig word: die donkerblou rante van die buitenste raam simboliseer Drakenstein se bergreekse; die ligter blou sekelvorme verteenwoordig die Bergrivier asook die Drakensteinvallei wat knus tussen die bergreeks lê. Die kleiner groen halfmaanvorms verwys na groei, ontwikkeling en landbou; en die figuur in die middel verteenwoordig prestasie en uitnemendheid.

7 8

Die nuutste munisipale nuus word deur ’n digitale nuusbrief, Vars, gedeel. Dít bevat videogrepe, munisipale en gemeenskapsgerigte artikels, foto’s, tenderaankondigings en werksgeleenthede asook profielartikels oor lede van die gemeenskap en munisipale personeellede. Die Kommunikasie- en Bemarkingspan het ook die Facebook-blad laat groei tot meer as 27 000 aanhangers, asook ’n Instagram-platform en YouTube-kanaal vir die Munisipaliteit gestig.

Verder het die Munisipaliteit strategiese WhatsApp-groepe gestig vir elke munisipale funksie om te verseker dat alle betrokke rolspelers dadelik kan reageer op ontwikkelende, kritieke of buitengewone situasies in enige van die diensleweringsfunksies. Rekeninghouers kan ook nou foto’s van hul watermeterlesings aan die Munisipaliteit stuur, asook hul watermeterlesings aanlyn registreer by http://www.drakenstein.gov.za/meter-readings.

MAATSKAPLIKE ONTWIKKELING

9

Meer as R1 miljoen is aan NRO-vennote geskenk om voedselsekuriteit aan inwoners te voorsien tydens Vlak 5 van die nasionale inperking. Drie munisipale geboue is ook toegerus en beman om verblyf, ablusiegeriewe en drie maaltye per dag aan meer as 170 haweloses te voorsien tydens die grendelstaat.

SEDERT 2016 HET DIE MUNISIPALITEIT OOK…

maaltye voorsien het. 10 11 12

Die Munisipaliteit het 11 geregistreerde munisipale sopkombuise regoor Drakenstein bestuur waar hulle aan kwesbare lede van die gemeenskap daagliks

Die Munisipaliteit het boerdery- en tuinmaaktoerusting aan 100 begunstigdes in die One Household One Hectare- voedselsekerheidsprogram voorsien. Verder het die Munisipaliteit ook voedseltuine by plattelandse skole en draagbare groentetuine aan 14 families in nood voorsien.

Die Munisipaliteit het altesame 184 beurse aan leerlinge toegeken, insluitend 24 leerlinge van plattelandse skole. Nege-en-twintig landelike matrikulante is bygestaan om hulle kode 8-rybewys te bekom as deel van ’n projek om hulle kanse op indiensneming te verbeter, terwyl 43 werklose plattelandse jeugdiges bygestaan is om hulle kode 10-rybewys te kry.

13 14 15 16

Die Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP) se toekennings- toewysing is met 228% verhoog deur verslagdoening van beter gehalte en die bereiking van teikens wat deur die Wes-Kaapse Regering gestel is. Dit het daartoe gelei dat daar in elke boekjaar ongeveer 500 meer werksgeleenthede geskep is.

Vier biblioteke is gebou of opgegradeer, insluitend die Groenheuwel “House of Learning” ter waarde van R130 miljoen, asook die Chicago Biblioteek, Klein Drakenstein Biblioteek en Simondium Biblioteek.

Die Munisipaliteit het ook 2 000 kinders van regoor Drakenstein bemagtig deur die “Leer om te Swem” -projek, in samewerking met Prinses Charlene van Monaco en Suid-Afrika se swemlegende, Ryk Neethling.

Drakenstein is verklaar tot ’n veilige reisbestemming wat gesondheids- en COVID-19-protokolle van wêreldgehalte in plek het vir veilige reise. Die Safe Travels-stempel stel reisigers in staat om bestemmings en besighede regoor die wêreld te identifiseer wat die World Travel and Tourism Council se gesondheids- en higiëne globale norme en protokolle aangeneem het.

[email protected]

www.drakenstein.gov.za

@DrakensteinMunicipality

@drakensteinmunicipality

080 131 3553 tolvry